Karp hengel Tips vir " Braided" hoof lyn.
Deur Henry de Beer
Om rede daar amper geen rek in visvang “braid” is nie, is die geveg met ‘n karp onwerklik, die vibrasies wat deur die “braid” loop word 50 keer vergroot teenoor wanneer mono lyn gebruik word. Sommige hengelaars raak ook baie angstig met die gedagte dat hul hoek enige tyd sal uit hak soos wat hulle elke ruk en kop skud van die karp kan voel. Sommige hengelaars stel voor dat jy gebruik maak van ‘n voorslag lyn om hierdie gevoel te help versag. Ander stry weer hierteen om rede hul in totale beheer voel regdeur die geveg.
My hoof wenk hier sal wees om die karp baie versigtig te speel tot en met jy gewoond is aan wat jy kan, en nie mee kan weg kom nie, en probeer om ‘n stywe lyn te behou ten alle tye; dit sal enige beweging van die hoek voorkom. Een ding waarvoor jy wel sal moet uitkyk wanneer jy die lyn styf maak na jy gegooi het, is om dit baie meer sagkuns te doen as wanneer jy mono gebruik. Om rede jy in direkte kontak met die sinker is, sal enige vinnige bewegings moontlik die sinker kan afhaak, veral wanneer jy hengel na ‘n hang van ‘n eiland of die kant van ‘n afsluiting, jy kan selfs die strop vanaf ‘n skoon area tot binne in die gras in trek as jy nie sag genoeg werk nie.
Wanneer jy vir ‘n groot gooi gaan en jy dit oor hoek, sal dit tot op die been sny, dra dus altyd ‘n vinger beskermer, of maak gebruik van Gardner se Gooi Handskoen wanneer jy met “braid” werk.
Maak seker dat jou stok stewig geanker is om rede van die byte nogals skrikwekkend kan wees; met stokke wat in die water in getrek word wanneer jou "baitrunner" te styf gestel is.
Daar is ‘n hele verskeidenheid “braid” beskikbaar op die mark, maar vir lang afstand hengel moet jy ‘n “braid” wat sink koop koop, eerder as ene wat dryf.
Wanneer jy gebruik maak van “braid” wat dryf kan jy jou lyn met behulp van gewigte soos “captive backleads” onder jou stok se punt anker en of met “flying back leads” by die area van jou hoek lengte. Die meeste van die lyn in die middel sal steeds op die water se oppervlak dryf; maklik optelbaar deur die propeller van ‘n boot se motor en selfs kanoes.
“Sinking braids” is baie dun in vergelyking met mono lyn, maar is uiters sterk vir hul deursnee en ideaal vir lang afstand hengel met ‘n boot of kanoe op afstande oor die 300m. Alhoewel dit aansienlik duurder is, en om drie groot katrolle met “braid” vol te maak redelik duur sal uitwerk, kan dit jou maklik ‘n hele paar seisoene hou, heelwat langer as mono.
Oor die Skrywer:
Henry de Beer skryf voltyds vir die Henkor webwerf sowel as vir ander hengel tydskrifte.U kan hom vind op Google+ en Twitter.