SEARCH Henkor Articles


Aasboot Hengel vir Groot Karp

Deel 3
Deur Henry de Beer

Met die vorige twee artikels het ons die basiese beginsels met die aankoop van ‘n aasboot, die toebehore wat daarby saamgaan, verskillende aanbiedings van aas, gebruik van voël saad mengsels en die gebruik van PVA bespreek. Vandag, die laaste in die reeks van drie artikels, gaan ons bietjie kyk na die uitvat van meer as een hoek-aas, hengel onder bome, tipes lood sinkers wat beter werk as ander en al die verskillende moets en moenies.

Die uitvat van hoek-aas

‘n Aasboot met twee voer-bakke mag dalk die indruk skep dat dit gemaak is om twee hoekase op een slag uit te kan vat, maar dis nie altyd so prakties nie. Op kleiner waters waar jy redelik naby hengel kan jy dit dalk nog waag. Maar realisties as jy in daai tipe opset is, is dit dalk beter om jou stok te gebruik vir die ingooi van jou voer en nie ‘n boot nie! Om twee lyne uit te vat, veral as die wind sterk waai, veroorsaak net meer probleme as wat dit die moeite werd is, veral met die tweede stok. Jy eindig normaalweg met die lyn oor die hele area versprei en dan moet jy in elk geval inkatrol en van voor af begin sodra jy die eerste een vrygelaat het. Selfs op baie stil en kalmer dae wat ek hierdie metode probeer het, het ek in ‘n paar probleme vasgeloop. Jy sukkel gewoonlik om beide lynne in ‘n reguit rigting uit te neem en die een is geneig om oor die ander lyn te gaan en dan te koek. My advies is dus om slegs een lyn op ‘n slag uit te neem.

Hierdie metode mag dalk baie meer krag van jou battery gebruik, maar vertrou my, in ander areas is daar baie minder van ‘n gesukkel. Bytendien is daar ander maniere om jou battery lewe te spaar. Baie hengelaars maak ‘n ekstra lyn aan die boot vas en na die vrylating van hul aas katrol hulle die boot net eenvoudig in. Dit mag nou dalk heeltemal teenstrydig wees van wat ek vroër gesê het oor twee lyne, maar in die geval gaan jy nie omgee as jou lyn die hele plek vol is nie want jy gaan dit in elk geval inkatrol. Dit dien terselfdertyd as ‘n veiligheids maatreël in die sin dat as die boot in die middel van die dam gaan staan, kan jy hom baie maklik terug kry deur net in te katrol.’n Ander alternatief hierop is om jou boot tot die naaste oewer te neem, om te loop, en hom op te tel eerder as om krag te vermors deur onnodige lopies. Natuurlik net op kleiner waters.

Hengel na oorhangende takke en bosse

Hoekom tien keer probeer om jou aas in die water te kry en in die proses talle stroppe met die gooi in bome te verloor as jy dood eenvoudig net ‘n aasboot kan gebruik? En as jy ‘n boot  gebruik wat letterlik op ‘n pennie kan omdraai help dit jou om die hoekaas nader aan die oorhangende bome te kry. Natuurlik is dit vanselfsprekend dat jy die aas nie so naby moet neem dat jy nie ‘n kans staan om ‘n vis uit te kry nie, maar as jy die hoekaas nader kan kry met ‘n boot as met jou stok of kettie, plaas jy waarskynlik jouself net in ‘n beter posisie om die vis te kan vang.

Lead

Watter lood sinkers werk die beste?

Baie min hengelaars dink aan watter lood sinkers gebruik moet word in ‘n aasboot, want, natuurlik sal die gewig eenvoudig net deur die deure val in die water in tot op die bodem. Reg? Wel, dit is nie heeltemal korrek nie. Wat kan gebeur as jy nie die regte vorm gewig gebruik nie is dat dit na die veerkeerde kant kan val as wat jy wil hê dit moet. Gewigte wat nie regtig geskik is om reguit af in die water te val nie is die met ‘n driesydige voorkoms of die wat plat is. Hulle vorm maak dat hulle effens na die kant toe swem. Die beste beskikbaar is die “Distance” tipe, wat ‘n tendens het om reguit af te val. Daar sal betwyfeld nogtans ‘n mate van trek aan die bodem van die lyn wees, maar as jy die boot uit vat met die stok se punt onder die water behoort jy die effek te minimaliseer en die aas sal amper heeltemal val waar jy dit wil hê.

Moets en moenies

Hier is ‘n maar van my moets en moenies wat ek voorskryf vir aasbote:

*Gebruik PVC tubing op die laaste paar sentimeter van jou strop wanneer jy ‘n boot gebruik.
Dit sal voorkom dat die lyn wat onder die voerbakke is beskadig word deur die voerbak deure.
*Hou altyd ‘n rol insulasie tape byderhand en maak alle skakelaars toe as jy die boot in ‘n sterk wind uit vat. Water wat by die skakelaars in gaan kan die boot foutiewelik laat funksioneer.
*Vat altyd aas uit in ‘n boot met ‘n baitrunner waarvan die arm oop is. Om die baitrunner funksie te gebruik sal “line twists” veroorsaak.
*Maak seker dat jy nie die boot in ‘n volle 360º sirkel laat draai voor jy jou voer afgegooi het nie anders kan jy dalks vergeet watter kant toe die boot beweeg het. Dit kan veroorsaak dat die lyn koek om die boot wat beteken dat jy die boot en lyn moet terug bring, ‘n vermorsing van tyd en battery krag.
*Moet nooit ‘n “echo sounder” se lesing as akkuraat aanvaar terwyl die boot nog beweeg nie, stop altyd die boot dood stil voor jy ‘n lesing vat en die strop laat val.
*’n Nuttige artikel om altyd byderhand te hê is ‘n verkyker waarmee die boot op lang afstande dop gehou word om te kan sien na watter kant hy gedraai is en hoe naby dit is aan die area waar jy dit wil hê.
*Koop altyd ‘n dra sak vir jou boot. Glasvesel bote is taamlik delikaat en as jy nie jou boot oppas nie sal jy gedurig besig wees om die boot in te stuur vir herstelwerk.
*Moenie jou boot in die omgewing van Swane gebruik nie anders sal jy ernstige skade aan jou boot berokken. Mannetjie Swane is baie agressief teenoor enige iets wat hulle kant toe kom. Jy mag dalk ook opeindig met jou lyn gekoek rondom een en dit is die laaste ding op aarde wat jy wil hê.
*Gebruik algemene kennis ten alle tye wat jy jou boot gebruik en moenie hulle afstand misbruik nie. Boot woede is ‘n algemene ding by waters waar bote gereeld gebruik word, so wees gewaarsku en wees versigtig.
* Maak seker die vervaardiger toon sertifiserings wat aandui dat ander seine nie met die van die boot sal inmeng nie.
Al wat oor is om te sê is as jy nog nie oortuig is om aasboot-hengel ‘n kans te gee nie, gaan na ‘n dam waar daar sterk winde is met net jou stok en katrol. Dis nog heel O.K. as die karp reg onder jou stok tips is, maar as hulle in die middel van die dam is, kan jy sowel maar net opgee. Daar is net geen manier wat jy akkuraat genoeg daar kan voer nie of tot daar gaan kan gooi nie. Jy gaan ‘n aasboot eenvoudig net nodig kry.

Aasbote insluitend die met ‘n “echo sounder” is nie goedkoop nie, maar hulle kan jou help hengel sonder perke. Ons is almal bereid om duisende te spandeer op ons stokke en katrolle ens. maar voordat jy bote heeltemal afskryf, stop en dink aan wat hulle vir jou kan doen. Hulle is nie net vir mense wat nie kan gooi nie; hulle is ook nie net vir ryk mense nie, hulle is moderne toeristing wat elke hengelaar gaan nodig kry om daardie blank dae in meer produktiewe dae te verander.


About the Author:

Henry de Beer is at present a full time writer for the Henkor Website.
You can find him on and Twitter.



 


©Copyrighted 2010 - 2013 Henkor. All rights reserved.

Website designed by Hendry de Beer.